Dis nooit lekker om te vertel van 'n wesel nie, juis omdat ons nie iets soos 'n wesel ken nie. 'n Iets hier by ons wat daaraan herinner is 'n muishond, maar die is ook net verlangs verwant. 'n Ferret is nader aan die wesel maar dit ken ons ook nie.
Tog het die wesels 'n belangrike rol in die Grieke kultuur van destyds gespeel. Die Grieke het nie noodwendig almal katte op die werf aangehou om die rotte en muise se bevolkingsgetalle te beheer nie, maar ook wesels.Wesels word dan vandag nog in party lande as troeteldiere aangehou.
Die man en die wesel

In ‘n poging dat daar dadelik korte mette van haar gemaak word, pleit die wesel by die man wat haar gevang het: “Spaar tog maar my lewe - ek is immers die skepsel wat met die verpestelike rotte en muise in jou huis afreken.” “As dit in my belang was, dat jy onder die pestilensies afgemaai het,” kom dit van die man, “sou ek jou lewe maar al te graag gespaar het. Maar nou is dit ongelukkig ‘n feit dat jy suiwer jou werk doen om nie net die muise op te kan vreet nie, maar ook elke laaste krummel kaas of wat ook al waaraan hulle sou geknaag het, was hulle nog in die lewe. So moenie op dankbaarheid van my kant reken vir die sogenaamde gunsies waarop jy my trakteer nie!” En toe is dit die einde, nie net van die man se woorde nie, maar ook van die wesel.
Jy sal jouself maklik in hierdie storie herken, as jy een van die mense is wat jou eie belange dien terwyl jy ewe skynheilig aan die ander voorgee dat dit alles eintlik in hulle belang is.
Onder die Middeleeuse Christene was die fabels baie gewild – selfs iemand soos laat soos Martin Luther het die fabels ten sterkste gepropageer en inderdaad ‘n hele handvol vertaal.
Odo van Cehriton het in die 1300’s ‘n versameling van ongeveer 120 gelykenisse byeengebring. Nagenoeg 90 hiervan herinner ten sterkste aan Esopiese fabels – talle daarvan is trouens net variasies en ander eietydse weergawes van ouer bekende fabels in Grieks.
Odo het sy fabels egter in ‘n sterk Rooms-Katolieke tradisie oorvertel.

Die volgende fabel van Odo, hoewel die strekking daarvan verskil, herinner sterk aan eersgenoemde fabel rondom die man en die wesel wat Phaedrus ongeveer 1200 jaar van te vore berym het.
Die man en die kat
Teen biskoppe wat te sterk op hul direkte ondergeskiktes reken:
Daar was ‘n sekere man wat ‘n hoeveelheid kaas in sy spens opgesluit had. Daar kom toe ‘n muis verby wat dadelik inspring en begin knaag. Die man weet toe nie wat om te doen ten einde die situasie te beredder nie. Ten einde laaste kry hy vir hom ‘n kat in die spens – maar hierdie kat het sowel die muis as die laaste krummeltjie kaas opgevreet.
Ek keer vir illustrasies terug na die man en die wesel omdat die een van die man wat die wesel aan 'n leiband uitlei om hom met 'n stok dood te slaan my interesseer en die volgende illustreerder duidelik die ouer illustrasie (hier bo gebruik) moes geken het. En dan is daar ook die outjies wat die idee van die wesel in die komuis of spens oorgeteken het.

Al die illustrasies is deur Laura K Gibbs op FLICKR toeganklik gemaak.