Die illustrasies

Die illustrasies wat oor die eeue heen van Esopus se fabels gemaak is, is 'n studieveld op sy eie. Laura Gibbs, wat verantwoordelik was vir die nuuste vertaling van Esopus uit die Klassieke Grieks en Latyn in Engels, het 'n ryke oes van illustrasies wat reeds vir die openbare beskikbaar is, digitaal op die internet beskikbaar gestel.


Alle illustrasies, tensy anders vermeld, is die vrug van hierdie vrou se handearbeid en internetspeurwerk.