Die variasie op gister se fabel wat vasgesteek het:
Gedurende die
wintermaande het ‘n mier oorleef op die graan wat hy gedurende die somermaande
vir homself vir later opsy gesit het. ‘n Sprinkaan kom klop toe bakhand aan met
die versoek dat die mier van sy kos met hom moet deel. Die mier wil toe weet:
“En wat het jy die hele somer lank gedoen – aangesien jy duidelik nie besig was
om kos op te gaar vir later se eet nie?” Die sprinkaan antwoord toe: “Omdat ek so lekker gesing het, het ek nie
nog tyd gehad om aan oes ook te dink nie.” Die mier kon maar net vir die
sprinkaan se antwoord lag en haar voedselvoorraad nog verder onder die grond
gaan wegsteek. “Omdat jy die hele somer soos ‘n sot om gesing het, moet jy nou
maar self sien-kom-klaar om die ganske winter op eie beentjie om te dans.”
Hierdie fabel beeld lui, sorgelose mense uit wat
hul tyd en energie op beuselagtighede verkwis en sodoende later gebrek lei en
op baie uitmis.