Ek was oor die internet op soek na fabels vir my kind, toe ek besef het dat die fabels wat ek as kind leer ken het, net die punt van die seekoei se ore is.
Ek het eers as volwassene agtergekom dat die fabels waaraan my ouers my blootgestel het, in hul oudste en oorspronklike vorm, geensins stories met lessies vir kinders was nie. Hoewel dit beslis aan kinders oorvertel sou wees, was dit vir donkiesjare bedoel as vertellings vir grootmense. En toe dit na 'n lang mondelingse tradisie eers ter skrif gestel is, was dit as wysheidsgeskrifte, soos die wat ons onder andere in die Bybel leer ken, en geensins as kindervermaak nie dat dit aangeteken is.
Soos ek met die verskillende tekste in kontak gekom het, het dit duidelik geword dat die fabels in my verwysingsraamwerk, die fabels tot beskikking van my kind se leefwêreld, geensins vertalings is nie, maar 'n oorvertel van 'n klassieke gegewe. En in die tradisie van mondelingse oorvertelling, vertel elkeen die storie soos dit hom of haar en sy of haar eie tyd en tydsgees pas.
Ek wou by die oerbron uitkom, die vorm sonder laslappies en borduursels en aannaaisels.
Toe ek dit wel opspoor, was dit duidelik dat dat daar geen enkele oerbron is nie, dat talle van die fabels meer as een oerbron het en dat selfs hierdie oudste van oudste optekenings van mekaar verskil - juis omdat die oudste skriftelike weergawes van die fabels waaroor ons vandag besit, reeds gevolg het op 'n lang en ryk mondelinge tradisie oor die hele bekende wêreld van destyds heen.
Wat my egter die meeste opgeval het, was hoe kort en kragtig die fabels was; geensins die lang en omslagtige relase waarin die eietydse oorskrywers verval - juis omdat hulle storietjies vir kinders vertel nie.
En juis omdat hierdie Klassieke vertellings van dit wat oor honderde, en selfs duisende, jare heen as die fabels van Esopus bekend geword het, nie in Afrikaans beskikbaar is nie, het ek besluit om dit in Afrikaans oor te vertel.
Let op, ek noem nie dat ek dit in Afrikaans vertaal nie, ek noem dit doelbewus oorvertel.
Ek is geen kenner van Grieks of Latyn nie, ek is ook nie 'n fabulis nie, nog minder 'n geleerde op die gebied van Esopus. 'n Behoefte aan 'n akademiese oorvertelling van watter aard ook al, is daar gevolglik nie by my nie.
Ek wil die klassieke goedjies so toeganklik moontlik maak vir 'n eietydse Afrikaanse leser. Miskien wil ek dit eendag transponeer na ons eie tyd, my eie kontinent - Afrika.
Maar voor ek dit kan doen, moet ek dit in Afrikaans kry, my Afrikaans.
En vandaar hierdie blog. Eintlik nie 'n blog nie, maar suiwer stoorruimte, anders as op 'n rekenaar waar dit makliker verlore kan gaan, van die tekste wat ek poog om daar te stel.