Die voëlvanger het, net toe hy op die punt was om ‘n eenvoudige slaaitjie van blare, kruie en pietersielie te geniet, onverwags besoek van ‘n vriend ontvang. Met die dat hy die afgelope tyd geen sukses met die vang van voëls gehad het nie, was die voëlhokke leeg en besluit die man toe maar om die spikkelfisant, wat hy mak gemaak het om die wilde fisante te lok, te slag. Maar hierdie fisant is nie op sy bek geval nie en hy smeek by die man om hom nie te slag nie: “My liewe vriend, hoe gaan jy in die toekoms jag as dit net jy en jou nette is? Wie gaan namens jou die lugtige groot swerms naderlok? En wie gaan saans serenades vir jou lewer as jy weg dommel droomland toe?” So toe laat los die man maar die fisant en besluit om eerder die haan vir die tafel te slag. Die haan gee ‘n kreet van waar hy op ‘n tak sit en sê: “As jy my sou dood maak, hoe sal jy langer weet hoe lank dit nog is na daglig toe – ek is immers die een wat jou smorens laat weet hoe laat dit is. Wie sal jou soggens aan elke nuwe dagtaak herinner, wie sal die dou op die voëls se uitgestrekte vlerke vir jou uitwys?” “Inderdaad,” kom dit van die man, “dis gerieflik om te weet hoe laat dit is, desnieteenstaande moet my vriend steeds iets kry om te eet, ongeag hoe laat jy sê dit is.”
Ek kan nie aan ‘n Afrikaanse spreekwoord dink wat hierdie fabel kan saamvat nie. Die naaste wat miskien aan een kom, is: “Die kalf is in die put” (die werk moet dringend gedoen word al is dit ons op hierdie tydstip nie geoorloof om dit te doen nie, maar eerder veral gesê van iets wat noodwendig op ’n Sondag moet klaar kom).
Is daar iets wat oordra: as die nood druk, waai reëls en regulasies by die agterdeur uit?