‘n Wolf sluip verby ‘n hut vol Skaapherders en sy skerp reuksintuig kan nie anders as om die heerlike geur van ‘n pot gestoofde lamsvleis op te tel nie. Hy loer toe maar by die deur in met die woorde: “Ek sou darem maar graag wou hoor wat julle klompie herders te sê sou had as dit stomme ou ek was, en nie een van julle spul nie, wat so lekkerbekkig weg gelê het aan ‘n lammetjie se sagste van sagte binnevleisies.”
Ek het lieflik aangedik in hierdie fabel - juis omdat ek so van die fyn humor, saam met lessie, daarin opgesluit, hou. In sy oudste vorm, deur Plutarch opgeteken, is dit heelwat skraler, maar steeds treffend en lieflik:
Hierdie is een van Esopus se fabels. 'n Wolf kom op 'n spul skaapwagter af wat in hul tent weglê aan 'n lam. Hy stap toe op die herders af met die woorde: "Aarde, wat 'n kommosie sou dit nou nie gewees het as dit ek was wat dieselfde gedoen het nie!"
Die volgende prentjie spreek tot my omdat ek in die herders iets van Jan Rabe se Drie kaalkoppe eet tesame - 'n verwysing wat die wolf dadelik sou oproep, het hy net die storie geken - herken.
In hierdie prentjie is dit weer die hond, wat beslis aan die onvangkant van die krummels staan, wat vir my 'n verdere messteek in die wolf se gemoed is:
So van messteek gepraat, let bietjie op die boodskap in wolfie se lyftaal:
Hier raak ek weer bewus van 'n hoogsgeromantiseerde, letterlik pastorale, siening van skaapwagter se bestaan in daardie jare:
Al die illustrasies is deur Laura G Gibbs op Flickr toeganklik gemaak.