fotobron |
Vleilangs oppad met 'n drag hout op sy rug, gly die donkie en beland in die water. Oor hy met die sware vrag op sy rug nie sommerso net kan opkom nie, sit die donkie die allervreeslikste keel op. Sy luide weeklaag, en amperse treurmare oor die gebeure toe hy eers weer op sy voete is, noop een van die paddas in die vlei om op te merk: “Liewe ouers! As dit is hoe jy te kere gaan oor nie eers in minuut in die water nie, wat sal jy doen as jy soveel van jou tyd in die water moet deurbring soos ons!
Iemand wat hom nie sommer laat onderkry deur swaarkry of die een of ander klip in sy pad nie, kan hierdie fabel vertel aan 'n lui persoon wat hom laat onderkry deur die geringste klippertjie onder sy voet.