‘n Donkie het vir homself die vel van ‘n leeu aangetrek en
tot groot vermaak van homself rondgeloop en talle niksvermoedende diere ‘n
groot skrik op die lyf gejaag. Toe die donkie se holderstebolder pad die van ‘n
jakkals kruis, het hy haar natuurlik ook sommer op die plek skrik probeer maak. Die jakkals het die donkie egter gehoor nog lank voor sy hom in die vreemde gewaad gesien het. Gevolglik sê sy dan ook droogweg nadat die
donkie sy naam lelik met ‘n plank geslaan het:
“Jy kan daarvan verseker wees, Asjas, dat ek myself beslis des disnis sou geskrik het,
as dit nie was dat ek jou gebalk in die verte gehoor het nie.”
Netso is daar sekere
veergewig outjies onder ons wat danksy hul voorkoms soos swaargewigte lyk; en
dan kom hul ware identiteit na vore, die oomblik wat hulle hul monde oopmaak en
iets probeer sê.