'n Leeu was tot oor sy ore toe verlief op die veldwagter se dogter en het
daarop aangedring om met haar te trou. Natuurlik wou die veldwagter dit nie
toestaan nie, maar was tog ook bang vir wat die Leeu hulle sou kon aandoen. Gevolglik
willig hy dadelik in, op een voorwaarde dat die Leeu sy tande en naels laat
uittrek – die dogter was kwansuis daarvoor baie bang. Leeu was maar al te
gewillig en is dadelik daar weg om die trekwerk gedoen te kry. En toe hy later
papbek en met ewe pappe kloue daar aangestap kom om sy bruid te haal, toe gryp
veldwagter ‘n dik stok en jaag vir Leeu terug die bos in en ver weg oor die
berg.
Aphthonius het die fabel aangeteken dat die leeu doodgemaak word en nie so lig van sy blinde liefde af kom nie. Hy wys dan ook daarop dat die fabel vertel word om die gevare as ons gehoor gee aan ons begeertes, uit te lig. Aan die einde voeg hy egter by: As jy jou vyande se raad volg, gaan jy in die moeilikheid beland.