Daar was hierdie verskalf wat in die weiveld losgelaat en laat staan is – nooit het die las van 'n juk op hom gehad nie. Toe die kalf op 'n bul afkom wat 'n ploeg trek, merk hy teenoor die bul op: “Jou arme dier! Hoeveel swaarkry en harde werk moet jy nie verduur nie!” Die bul sê egter niks, hy gaan net voort met die ploeg. Later, toe dit tyd geword het om 'n dankoffer te bring, is die ou bul bevry van die juk en weiveld toe gelei. Ook toe dat hy opmerk die bulkalf wat nog nooit 'n dag se werk gedoen het nie is intussen aan die horings gebind en word weggesleep iewers heen. Toe dit heel duidelik word dat die bulkalf se bloed gekies is om oor die altaar te vloei, laat hoor die ou bul van hom: “So dis die rede waarom jy nooit ingespan is nie! Al is jy nog jonk sit jy die reis reeds voort na daar waar jou voorgangers eers heelwat later by jou gaan aansluit: jy gaan geoffer word, en die juk wat jou skof gaan skaaf nie, maar 'n byl waaronder jou nek gaan lei.”
'n Ander klassieke vertelling het 'n heel pessimistiese boodskap aan die einde: “Dit is ook die lot van die mensdom: dood ontmoet die wat gelukkig is, vroeg; maar die stomme ellendiges word die dood dag na dag nie gegun nie.
'n Verskalf sien oor ‘n afstand hoe hard ‘n gejukte Os voor ‘n ploeg werk aan die Boer se landerye. Daardie aand spot hy die Os oor sy noodlot om sware arbeid te verrig, terwyl hy wat Verskalf is, ‘n lui-lekker lewe in ‘n groen kampie geniet. Maar kort hier na, met die koms van die oesfees, word die Os van sy dagtaak onder die juk verlos, maar die Verskalf met rieme gebind en na die altaar geneem as dankoffer vir die milde oes. Die Os sien wat besig is om te gebeur en sê glimlaggend vir die Verskalf: “So dis hoekom jy ‘n lewe van niksdoen in die kampie gegun is – jy het op die punt gestaan om geoffer te word.”