Die jakkals en die arend
‘n Witkruisarend en
Jakkals het op ‘n tyd dik tjomme geword. Hierdie vreemde vriendskap het
ongelukkig ook maar net gehou tot die arend een mooi dag onder die jakkals se
welpies ingevaar het om sy eie honger te stil. Met die dat die jakkals onder
die son net mooi niks soortgelyks aan die arend kon aanrig nie, het sy maar net
deurentyd gesmeek en gebid dat die wiel sal draai en reg en geregtigheid op die
ou einde en korrekte tyd sal geskied. En toe, op ‘n dag, lank
daarna, peil die arend uit die bloute op ‘n braaivleisvuur, vir ‘n oomblik
onbewaak gelaat, af en kom weg met ‘n lywige porsie boerewors tussen haar
kloue. Sy sit reguit af na haar nes vol kuikens, nie te ver van waar sy die kampeerders so onverhoeds
beroof het nie . Daar, by die honger bekkies aangekom, was die worsvleis egter
nog hopeloos te warm vir die swakke arendkuikens – die oomblik toe hulle dit
gulsig wegsluk, het hulle die een na die ander omgedop en summier gevrek.
Hierdie fabel wys dat die
swak en nietige slagoffers, wat op hul eie niks teen magtige booswigte uitgerig
kan kry nie, se smeekgebede dikwels langs vreemde omweë wel bewaarheid word