Behalwe dat die een
wat Klaas as “Baas” moet aanspreek, ‘n ander gesig gekry het, hou ‘n
regeringsverandering vir geen Klaas ‘n enkele ander verandering in nie.
‘n Ou man is met sy donkie die dorpie uit en die vlaktes in.
Met die eerste tekens dat ‘n vyandelike opmars inderdaad meer as net gerugte is,
skrik die ou man hom uit sy geloof uit. Hy spoor die donkie aan om so vinnig as
wat sy bene hom toelaat, weg te hardloop sodat hulle nie per dalkies in die
verkeerde hande val en gevange geneem word nie. “En sê net bietjie vir my,” wil die
donkie toe heel koppig weet, “ dink jy miskien vir een oomblik ‘n nuwe veroweraar
gaan my nou skielik met twee of meer stelle saalsakke in plaas van een kan opsaal?”
Die ou man antwoord natuurlik ontkennend, waarop die donkie afhaak: “So watter verskil gaan dit nou aan my maak
wie my meester is – ek sal altyd ‘n sware stel saalsakke moet dra, ongeag die
naam of die gesig van my baas.”