Die Wildedonkie en die pakdonkie
‘n
Wildedonkie sien die pakdonkie waar hy rustig in sy kampie staan en kou aan die
allerlieflikste graskos wat in ‘n trog vir hom voorgesit word. Hy staan grootoog
nader en komplimenteer die pakdonkie op sy voortreflike toestand en sigbare
goeie gesondheid. Maar nie lank daarna nie sien die wildedonkie weer die
pakdonkie – hierdie keer nie in die son aan die peusel nie, maar met ‘n sware
vrag op sy rug, gebukkend ook onder die sweepslae van sy aandrywer aan die
voortsukkel mark toe. Dis toe dat die wildedonkie tot die volgende slotsom
kom: “Daar is nie ‘n manier dat ek óf
jou gunstige omstandighede of jou tiptop kondisie verder gaan bewonder nie,
veral nie nadat ek nou die prys gesien het wat jy moet betaal om so voortvarend
daar uit te sien nie.