fotobron |
Lank gelede was die insek
wat nou se dae as ‘n mier bekend staan, ‘n boer wat aldag en heeldag, van
soggens vroeg tot sawens laat, jaarin en jaaruit, vreeslik hard aan die boer
was. En tog was hy steeds nie tevrede met die vrug van al sy eie harde
handewerk nie – hy het onder sy bure se oeste ook loop steel en heelwat vir
homself geneem. Dié man is toe swaar gestraf oor sy gierige gulsigheid: hy en
sy ganse nageslag is van gedaante verander in wat ons vandag as ‘n mier ken. Die
man het wel uiterlik van aansig verander, maar kon en kan sy eertydse gewoontes
na al hierdie jare nog steeds nie afskud nie – daarom dat die mier vandag nog
steeds deur die landerye trek en vir homself die vrugte op ander se arbeid
pluk, juis sodat hy vir sy eie gebruik op kan gaar.
Hierdie fabel wys ons dat iemand met ‘n slegte
karaktereienskap of bose natuur, wel van voorkoms mag verander, maar dat sy
optrede ten spyte daarvan altyd steeds dieselfde sal bly.
Die van ons wat in die Christelike tradisie groot gemaak is, vind seker almal hierdie fabel wat die ywerige mier in 'n slegte lig stel, vreemd op die oor.