fotobron |
Op ‘n massasaamtrek van ‘n groot spul geveerde vriende is eendag lank en
gewigtig vergadering gehou en hewig gedebatteer oor wie onder hulle dan nou die
beste leier sou uitmaak. Hier teen die einde se kant is ‘n spoggerige pou toe
van mening dat hy die beste uitgeknip is vir die rol van die koning: “Ek is eerstens nie net in die fleur van my
lewe nie, ek is op die koop toe daarby nog uitermate pragtig ook.” Terwyl die
ander voëls heel
inskiklik is met Pou se voorstel, kom daar van iewers uit die bondel tussen
hulle ‘n raaf te voorskyn wat pou se bordjies lelik verhang: “En sê my
bietjie, neef pou, as jy sou koning word, wat gaan gebeur as ‘n arend ons sou
aanval? Is jy miskien sterk genoeg om sy aanval af te weer?”
Die fabel
wys maar net dat leierskap niks uit te waai het met hoe spoggerig of swierig jy
lyk of is nie, maar suiwer bedoel is vir diegene met uitstaande fisiese en
geestelike eienskappe en trekke.