As 'n leuenaar, in ewe guur oneerlike geselskap, met
jou wil besigheid doen, is dit nie net om 'n goeie slag te slaan nie maar om vuil
en gemene spel te pleeg daarby:
'n Koedoe stap toe mos getrou aan sy aard steeds lugtig en
versigtig nader plaaswerf toe, reguit af op die skaap om 'n proeseltjie of wat
van dié se wintervoer
te leen. Hy verseker haar sy kan maar houtgerus wees, sy goeie vriend die hiëna
sal self borg staan vir die lening. Die skaap is egter nie so veel van ‘n
skaapkop soos waarop die koedoe gereken het nie, sy kon die moeilikheid op 'n
afstand sien aankom en antwoord: “Jou vriend hiëna het ek leer ken as een wat
sommer net vat wat hy wil hê en dan koers kry, jy, op jou beurt,
is 'n kalant wat met die geringste windjie van verandering vinnig voet in die
einste wind slaan. Wat is die kans dat ek, hier agter heinings ingeperk, enige
een van julle twee opspoor as ek dit wat my toekom, terug wil vra?”