Toe die droogte kom en die versengende
son droog die twee paddas se poeletjie op, sit hulle af op soek na ‘n
nuwe, beter blyplek. Dit was ook nie lank nie of hulle kom af op ‘n diep waterput met duidelik meer as genoeg water wat van ver onder aanloklik wink en blink.
“Nou maar waarom wag ons dan, kom laat ons spring,” kom dit van die een padda, “hier
is nie net oorvloed water nie, maar ook genoeg kos, en selfs skuiling, sou die nood dreig.
Die tweede een openbaar meer omsigtigheid:
“Hoe miskien gemaak as dié blink put óók opdroog? Hoe kom ons dan weer
van daar onder tot hier bo?”
Nou kan ons allitereer, dink voor jy doen, of assoneer,
dink en besin voor jy begin.