fotobron |
Moeder
Natuur het alle sperwers oorspronklik met dieselfde mooi stemme geseën as die
van enige van al die ander sangvoëls in die land wat soggens die dagbreek met
hul skone klanke begroet. Maar toe ‘n spul sperwers eers een maal gehoor het
hoe mooi ‘n trop wilde perde kan runnik as hulle daartoe opgerui word, is dit
neusie verby – hulle is daardeur totaal betower en wil die perde dit ten alle
koste na kan doen. Al die oefen om soos 'n perd te kan runnik, het egter soveel
spanning op hul stembande gesit, dat die stomme sperwers laterhand letterlik
stom was en tot vandag toe nog, nie 'n geluid kan uitkry nie.
Om iets of iemand na te boots wat
nie by ons pas nie en bo ons vuurmaakplek is, kan tot gevolg hê dat ons die
bietjie wat ons het, later ook kwyt is.