“En vir wat lyk jy so hartseer,” vra die mannetjievalk toe hy langs ‘n hoogs bedroefde arendwyfie op ‘n tak neerstryk. “Ek soek nou al hoe lank,” sê sy, “vir my ‘n ordentlike man wat na behore na my sal kan omsien, maar só ‘n man kon ek in my dag des levens tot nou toe nog nie opgespoor kry nie.” “Nou maar waarom neem jy mý nie as dienswillige eggenoot en dienaar nie,” stel die astrante klein valkie voor, “ek is immers baie sterker as jy of enige ander een van jou soort.” “Wil jy vir my sê dat jy genoeg van ‘n jagter is om ons tweetjies van kos te voorsien?” vra die arend. “Wel, met hierdie kale twee kloue van my,” spog die valkie, “het ek al telkemale in koelen bloed ‘n volgroeide volstruis platgetrek en valkalleen met my vonds aangevlieg blyplek toe.” Hiérdie woorde het die desperate arend summier oorgehaal om die valkie as lewensmaat te neem. Pas terug van die wittebrood herinner sy haar eggenoot aan sy belofte om vir haar ‘n volstruis te bring; hy klief toe manhaftig die blou lug in en swiep daar weg. Dis egter met die flouste verskoning vir 'n muis, so ‘n effense vaal ou veldmuisie, dat hy twee dae later daar uitgeput daar aankom – die stomme dingetjie wat hy krampagtig maar trots in sy twee kloutjies vasgeklem, stink glads al aan die ontbinding. Dit stank is trouens so erg dat dit dadelik duidelik is dat die valkie hom in sy ganse leeftyd nie kon gevang het nie – die stukkie gedoente moes dae lank morsdood in die veld gelê het voor die valkie per hoogste toeval gelukkig genoeg was om hom op te kon gepik het. “Is dít,” vra sy ontevrede vrou, “jou interpretasie van die huweliksbelofte wat jy destyds so vol bravade aan my gemaak het?” Die valkie se enigste, en ongelukkig ook baie eerlike, antwoord is: “Om ‘n dame wat so edel is soos jy se guns te kon wen, en boonop jou koninklike hand in ‘n huwelik te verseker, sou ek jou enige iets belowe het, selfs al het ek maar al te goed geweet dat daar nooit iets van sal kom nie.”
fotobron |