‘n Rooikat, lekker lelik verniel en verrinneweer deur die boer se ganse trop honde, lê op die rand van die dood in sy lêplek. Uitgehonger en dors, roep hy ‘n opgeskote jong lammer wat daar naby verby gaan, nader. Hy versoek haar vriendelik om dan tog groot asseblief vir hom ‘n lekseltjie water in die spruitjie daar naby te gaan haal. “Want,” gaan hy voort, “as jy my net eers eers van ‘n klein bietjie water voorsien het, sal ek krag genoeg bymekaar kan skraap om self vir my eie vleiskossietjie te sorg.” “Ja, nè,” kom dit van die lammer wat sommer dadelik deur die dierasie se skynheilige praatjies sien, “en as ek eers jou dors geles het, sal jy seker op my vleis ook reken om jou honger te stil.”