fotobron |
Die krap trek toe een mooi dag en heel uit die bloute sy neus op vir die kos wat die strand hom nog sy hele lewe lank bied en gaan soek sy kos binneland se kant van die kusbos. Maar voor hý sý kos kan kry, spring ‘n silwerjakkals hom voor. Dié kry toe mos helder oordag, vlak voor hom in die pad, ‘n lekker groot vet krap om te vreet. Net voor hy sterf, besef Krap egter dat dit niks anders as sy eie verdiende loën is nie. Die laaste wat deur sy gedagtes flits, is: “Ek is tog ‘n seedier! Wat het ek, anders as my ondergang, op land verloor; wat anders as my dood, het ek op land loop soek?
Die fabel wil maar net sê dat jy gedoem is om te faal as jy jou eie bekende en gebaande weë verlaat en ‘n besigheid volg waarvan jy niks onder die son weet nie.