fotobron |
'n Verhongerde ou leeu en ewe verrinneweerde amper haasbek hiëna was aan’t baklei om besit van ‘n platgetrekte rooiboklammetjie. Die woeste geveg na die jag en jaag had beide oues van dae egter redelik uitgeput, om dit sagkens te stel. Net mooi net toe die een maar handdoek ingooi, hys die ander die wit vlag; hulle kom ooreen om maar eerder eers asem te skep. Tussen dit alles deur was daar hierdie hongerige jakkals wat met begerige oë die hele geveg lank al om hulle gesirkel het. Toe dié sien dat die twee afgeleefde jagters uitgeput met die stukkie prooi tussen hulle neergeval het, storm sy in, gryp die karkas en slaan daarmee voet in die wind. Die leeu en die hiëna kon hulself helaas nie eers so ver kry om op te staan nie, laat staan nog die dier probeer keer; toe sit hulle maar net daar en hou die jakkals dop terwyl hy met sy buit tussen die bossies in verdwyn. “Watter sotte was ons nie,” kom dit van die twee, “ons gaan deur al die moeite en dit op die ou einde al die tyd dan nou net ter wille van jakkals-se-kind.”
Dit is nou maar eenmaal so dat die een wat met die wins wegkom, nie die een is wat die sweet ingesit het nie.