Vaaljas kry skielik lewe op daardie hoë, gevaarlike stukkie bergpad tussen doeriekant en hier, om die waarheid te sê, hy storm sommer as’t ware lynreg op die bloomin’ afgrond af. Met die dat hy toe nou met volle oorgawe op die punt is om homself van die krans af te werp, kry sy getroue touleier hom darem nog genadiglik aan die stertkwas beet en beginne klou en keer vir al wat hy werd is. Esel-se-kind wil egter van niks weet as om reguit die afgrond in, af te wil neuk nie. Die touleier laat los toe maar (wat anders kon hy doen?) en wel met die woorde: “Foeter dan nou maar voort, ás jy dan nou so graag as wenner uit hierdie simpel toutrekkery wat jy van stapel gestuur het, wil tree."
Fotobron |
Hierdie fabel kritiseer diegene wat hulself deur hul eie onnosel toedoen vernietig.