‘n Bokwagter wat sy bokke teen die aand se kant uit die veld kry en af stuur kraal toe, merk tussen hulle ‘n spul wilde bokke op wat hy ook saam met sy eie bokke veilig toesluit vir die nag. Daardie nag, en die volgende dag, sneeu dit swaar en hy kan hulle nie terug na hul gewone weiveld toe lei nie, maar is verplig om hulle in die kampie neffens die kraal op die werf te hou. Hy voer sy eie bokke net genoeg om in die sneeu en koue te kan oorleef, maar vir die nuwe en wilde bokke, juis in ‘n poging om hulle te oorreed om by hom aan te bly en so sy bokke te word, het hy oorvloedig voer en versorging. Toe die sneeu eers weer gesmelt het, lei hy die bokke na die gewone weiveld en die wilde bokke skarrel vinnig die berge in en weg. Die bokwagter skel hulle uit vir uiters ondankbaar omdat hy, toe die nood op sy hoogste was, beter na hulle omgesien het, as sy eie bokke. Waarop die een toe omdraai en hom antwoord: “Nou maar, dis die presiese rede waarom ons vandag so versigtig is – as jy ons gister beter behandel het as jou eie bokke wat jy so lank reeds het, dan is dit mos nou duidelik: kom daar ander bokke eendag ná ons oor jou pad, dan gaan jy weer die nuwes bo ons, wat dan die oues is, verkies.”
Hierdie fabel is 'n perfekte illustrasie van wat die Victoriaanse denkraamwerk aan die fabels gedoen het. Soos ek hom hier bo vertel het, is hoe dit in 1867 oorvertel is.
Babrius, wat dit ongeveer 2000 jaar gelede aangeteken het, se storie en strekking sing 'n effe anderse deuntjie:
Die illustrasie, hoewel ek nie seker is dis oorspronklik vir hierdie fabel geskets nie, is deur Laura Gibbs op Flickr beskikbaar gestel.