Een van die Griekse gode het boodskap deur die veld en bos gestuur dat hy ‘n goddelike toekenning wil maak aan die mooiste baba van al die diere. Die oggend van die groot babaskou het ‘n Aap met al die liefde en deeris eie aan enige ma tussen al die ander mammas daar aangestap gekom. Vreesbevange en klouend aan haar rug, het sy om vir die kompetisie aan te bied ‘n baie onaansienlike platneus, haarlose verskoninkie vir ‘n kind. ‘n Luide gelag klink op toe sy wil registreer, maar ‘n moeder se liefde is nie iets wat gou van stryk gebring word nie en sy merk baie beslis en selfversekerd op: “Ek weet nie of my kind ‘n toekenning van die gode sal ontvang nie, maar een ding weet ek wel en dit is dat hy in die oë van sy moeder die mooiste, slimste en dierbaarste kleinding vandag hier is.”
Hierdie laat my so baie aan myself dink - nie as ouer nie (dit ook) maar as kind, my ma se kind.
Is die illustrasie uit 1501 nie die interessantste van illustrasies nie. Die (naakte?) god ter sprake is Zeus, en ek wonder waarom die hang-tieties. Die aap en sy ma lyk vir ook nie soos ape nie. Die trofee met die kruis is wel eg Middeleeus. Dit simboliseer die aarde en Jesus Christus as oppergesag (vandaar die kruis.) Ek en Klaradyn hetb dit raakgelees toe ons na die koninklike troue van verlede week 'n studie van die Britse kroonjuwele gemaak het.