Monday 2 May 2011

Die esel en sy touleier


Deur Laura Gibbs op Flickr toeganklik gemaak.

‘n Esel, met ‘n smal en hoë bergpaadjie langs aangedryf deur sy touleier, kry skielik ongekende lewe in sy bene en storm eintlik reg op ‘n allervreelike afgrond af. Met die dat op die punt is om homself van die krans af te werp, gryp sy touleier, verbete in ‘n poging om sy lewe nog te red, aan die stert. Maar dis duidelik dat die esel net so vasbeslote is om homself die afgrond af te kry. Die touleier laat los toe maar, en wel met die woorde: “Neuk dan maar aan, as jy dan nou so graag as wenner uit hierdie simpel tweestryd wil tree."

Deur Laura Gibbs op Flickr toeganklik gemaak


Hierdie fabel kritiseer diegene wat hulself deur hul eie onnosel toedoen vernietig.


Deur Laura Gibbs op Flickr toeganklik gemaak