Sunday 1 May 2011

Die Kat en die Kanaries

Arhur Rackham se illustrasie (1912) deur Laura Gibbs toeganklik gemaak

‘n Kat wat daarvan bewus geword het dat ‘n hele spul Kanaries in ‘n hok vinnig agteruit begin gaan, het besluit om homself as ‘n mediese dokter voor te doen. Toegerus met ‘n wit doktersjas, mediese tas en stetoskoop om die nek het hy by hulle gaan aanklop om na hul welstand te verneem. Hy bied ook ewe hulpvaardige aan om enige een wat daarna voel van onmiddellike mediese versorging te voorsien. “Ons is perdfris en gesond, dankie,” kom die antwoord, “solank jy tog net so gaaf wil wees om weg te gaan en ons te los soos ons is.”

JM Conde se illustrasies (1905) deur Laura Gibbs toeganklik gemaak.

Wie die eerste in ons eie tyd was om op die storie te borduur, sal ek nie weet nie. Toe Babrius dit ongeveer 2000 jaar gelede aangeteken het, was dit veel korter:

Daar was hierdie hen wat nie te goed gevoel het nie. Die kat buk toe oor haar en vra:  "Hoe gaan dit? Is daar iets wat jy nodig het? Ek sal vir jou bring wat dit ook al is waaraan jy behoefte het; pas jouself asseblief tog net op!" "Ek sal bly leef," kom dit van die hen, "solank jy tog net eers weggaan."