Illustrasie deur Laura Gibbs toeganklik gemaak |
‘n Jagter wat met sy honde en dag se dooie fisante en hase huiswaarts keer, loop op pad ‘n vriend, ‘n Visser, met sý dag se vangstes oor sy skouer, raak. Daar smag die Jagter na die Visser se vangs, en die Visser kyk net so begerig na die Jagter se vleis oor sy skouer gegooi. Net daar en dan besluit hulle om die opbrengs van hul dagtaak uit te ruil. Elkeen was so opgetrek met hierdie reëling (wat beide as ‘n winskopie vir homself gesien het) dat hulle dag na dag dieselfde ruiltransaksie uitgevoer het. Uiteindelik merk ‘n buurman teenoor hulle op: “As julle veel langer so aangaan soos nou, word julle kort voor lank uitgekuier met die plesier van ‘n ander se kos, en begin elkeen weer verlang om tog net die voëls of vis wat hy self gedood het, te geniet.”
Selfde kool, ander sous (maar hierdie keer meer getrou aan Babrius se antieke optekening daarvan):
Die jagter was bergaf oppad huis toe na sy jag terwyl die visser van die ander kant af, bergop was met sy vangste vir die dag. Toe die twee se paaie kruis, verkies die vleiseter skielik die vis uit die see terwyl die visser op sy beurt bereid is om sy vis te ruil vir 'n porsie rooivleis uit die bos. Net daar en dan word 'n ruiltransaksie beklink en van hier af aan het hulle elkeen elke dag hul onderskeie suksesse ter land en ter see uitgeruil om 'n meer aptytwekkende maaltyd te kan geniet. Op die ou einde kry hulle egter die volgende advies: “Pasop, te veel van 'n goeie ding is ook nie meer 'n goeie ding nie, omdat julle so gewoond raak aan die anderste sal dit kort voor lank nie meer spesiaal wees nie en dan verlang julle weer terug na wat julle oorspronklik geniet het.”