Tuesday 3 May 2011

Die Haan en die verlore pêrel


Deur Laura Gibbs op Flickr beskikbaar gestel

Skroppend oor die hele werf, op soek na kos vir hom en sy henne, kom Haan af op Boervrou se verlore pêrel. Hy bestudeer dit aandagtig, soos net ‘n hoender wat op iets vreemds afkom kan, en sê:  “Het Boer jou gevind sou hy gejubbel het, maar vir my is jy helaas van geen waarde nie. Ek het eerder een koringkorreltjie, nie eers die helfte so groot soos jy nie, as al die pêrels in die hele wêreld.”

Hierdie is 'n fabel om oor te vertel aan diegene wat jou nie waardeer nie


Deur Laura Gibbs op Flickr beskikbaar gestel